• Leann +27723445862; Selmarie +27609653977
  • Countrywide delivery only R120

Kheera: Love inspiring clothing

by Leann Esterhuyse on March 08, 2020

Lizeth Lawson

Soms kom jy op ’n plek in jou lewe waar jy weet jy wil net dit doen wat jou passie is.

Ek het my passie ontdek toe ek die eerste keer in Indie gaan toer het. Indie het my aan my hart en siel gegryp.

Ongeag ons kultuur of herkoms of omstandighede, ons almal hou van mooi
lyk. Om te sien hoe die Hindu vroue op die land werk, paaie bou, strate vee en ander in armoede ’n bestaan probeer maak met hul mooiste kleurvolle saris wat hul aanhet, het by my ’n blywende gevoel gelaat. Die gevoel en innige behoefte om vroue te laat mooi en goed voel deur die gebruik van kleur.

Deur my reise na Indie het ek betrokke geraak by ’n village naby Dehra Duhn. ’n Plek waar kinders nog onder ’n boom skoolgaan, waar mans saans by kerslig bordspeletjies speel omdat daar nie elektrisiteit is nie. Wanneer hulle iemand spesiaal wil laat voel, maak hulle vir die persoon ’n poeding van rys, suiker en kardamomsade. Hierdie poeding word in baie liefde gemaak en as ’n baie spesiale nagereg aan jou voorgesit.

Die naam van hierdie poeding is Kheer. Vir my die simbool van onvoorwaardelike en onbaatsugtige liefde. Telkemale het ek die voorreg gehad om Kheer te eet in hierdie village waar ons op die grond sit die tussen klei huise met vrouens wat almal kleurvolle saris dra. Dit is hierdie oomblikke
en ervarings wat my gelei het om myself en my passie te vind. Hieruit is Kheera gebore 15 jaar gelede.

Dit is my hartsbegeerte dat elke vrou wat Kheera dra,
sal geliefd voel in haar Kheera rok.

Mag die kleurvolheid van elke klere item in jou ’n opgewondenheid wakker maak vir die groot voorreg om ’n vrou te wees.

xxx

 

LEAVE A COMMENT

Please note, comments must be approved before they are published


BACK TO TOP